Bundesbank

Hoofkwartier van die Deutsche Bundesbank in Frankfurt.

Die Deutsche Bundesbank is die sentrale bank van Duitsland en een van die magtigste lede van die Europese Stelsel van Sentrale Banke (ESCB).[1] Die Bundesbank of "Buba", soos die bank kortweg genoem word, is in Frankfurt am Main gesetel. Naas sy hoofkwartier het die bank 9 streekgebonde hoofkwartiere (die voormalige sentrale banke van die deelstate) en 47 filiale. Die Bundesbank het 10 308 werknemers (2014).[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Bundesbank – Jobs und Karriere – Personalstatistik". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2008. Besoek op 13 Mei 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search